F1 – Geen landsvlag toegelaat vir Rusland, Belarus nie

Die beheerliggaam FIA het besluit Russiese en Belarussiese bestuurders mag onder ‘n neutrale vlag deelneem. Dit beteken Haas se bestuurder, Nikita Mazepin, sal toegelaat word om aan vanjaar se Formule Een-seisoen deel te neem. Die FIA-besluit volg ‘n dag nadat die Internasionale Olimpiese Komitee waarvan FIA lid is, aanbeveel het geen Russiese of Belarussiese atlete mag aan internasionale geleenthede deelneem nie. Vanjaar se Russiese Grand Prix is afgestel. FIA se president Mohammed bin Sulayem sê hulle veroordeel Rusland se inval in Oekraïne en hoop die situasie sal vinnig en vreedsaam opgelos word.