Gruweldade ontbloot in Suid-Soedan

Minstens 440 mense is dood in geweld tussen strydende partye in die Suid-Soedannese graafskap Tambura tussen Junie en September verlede jaar. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die Verenigde Nasies. Die moorde het ook gepaardgegaan met ander gruweldade, insluitend die bendeverkragting van ‘n 13-jarige meisie, lui die verslag. Die Verenigde Nasies se menseregte-agentskap het die skendings en misbruike op lede van die Sudan People’s Liberation Movement en die South Sudan People’s Defence Force en hul onderskeie geaffilieerde faksies geblameer.