Euro-banknote trek nuwe baadjie aan in 2024

Die Europese Sentrale Bank gaan teen 2024 ‘n nuwe ontwerp vir euro-banknote kies. Die Eurosone-geldeenheid is in 1999 bekendgestel met munte en note wat in 2002 gevolg het. Die bank se president, Christine Lagarde, sê in ‘n verklaring dis tyd om die banknote meer aanpasbaar te maak by Europeërs van alle ouderdomme en agtergronde. Die note is tans gegrond op ‘n sogenaamde ouderdoms- en styl-tema wat vensters, deure en brûe verteenwoordig.