MTN-werkers met goeie redes kan uitgesluit word van inenting

Die MTN-groep sê werknemers met grondige redes kan uitgesluit word van die nuwe inentingsbeleid, en inenting weier. Die mobiele telekommunikasie-reus hoop om vanaf volgende maand verpligte inenting vir personeel in te stel. MTN sê die maatreël is daarop gemik om die maatskappy te laat voldoen aan sy wetlike verpligting om ‘n veilige werksomgewing te skep. Die maatskappy sê ook hy sal nie verplig wees om werkers te behou wat nie van inenting uitgesluit word nie.