EU wil spesiale hof vir Russiese oorlogmisdade op die been bring

Die Europese Kommissie sê hy het verskillende opsies aan lidlande voorgelê om seker te maak Rusland word verantwoordelik gehou vir die gruweldade en misdade wat in Oekraïne gepleeg is. Een van die voorstelle is om ‘n nuwe struktuur te skep wat bevriesde en geïmmobiliseerde openbare bates van Rusland bestuur en belê en die opbrengs vir Oekraïne te gebruik. Die kommissie sê Rusland en sy oligarge moet Oekraïne vergoed vir die skade en verwoesting wat aangerig is en ‘n spesiale hof sal in die verband gestig word. Die president van die kommissie, Ursula von der Leyen.