Geslagsgeweld en die onderwyssektor

Die Namibiese onderwysministerie sê hy werk hard om te verseker dat skole gekwalifiseerde onderwysers en beraders het om sielkundige ondersteuning aan leerders te bied. Om die rol van die onderwyssektor in die stryd teen geslagsgeweld te verduidelik, sê adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, die ministerie het programme in plek en bied ook opleidingsprogramme in kindersorgbeskerming aan. Onderwysers word ook toegerus met die kennis en vaardighede om geslagsgebaseerde geweld in skole te hanteer. Bohn het met Kosmos 94.1 nuus gepraat….