Matrikulante moet rage-partytjies veilig vier

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, versoek alle matrikulante in die provinsie om vanjaar se rage-partytjies veilig en verantwoordelik te vier. Twee groot rage-geleenthede vind die naweek in Plettenbergbaai en Ballito plaas. Maynier is verheug groot byeenkomste kan nou weer plaasvind, aangesien toerisme ’n groot bydrae tot die provinsiale ekonomie lewer en om byeen te kom, is ’n belangrike deel van grootword, om te besef dis die nuwe fase in hulle lewe.