EU skenk IT-toerusting aan noordelike kommunale boere

Die ambassadeur van die Europese Unie in Namibië, Sinikka Antila, het inligtingstegnologie-toerusting ter waarde van 4,5 miljoen Namibiese dollar aan die landboubou-ministerie oorhandig. Die toerusting word verkry onder die Lewendehawe Ondersteuningsprogram in die noordelike kommunale gebiede van Namibië wat deur die Europese Unie befonds word deur die Elfde 11de Europese Ontwikkelingsfonds ten bedrae 284 miljoen Namibiese dollar. Die doelwit van die program is om entrepreneurskap te bevorder en die lewensbestaan van die Noorde se veeboerdery-gemeenskappe te verbeter. Die program het ook ten doel om die veewaarde-ketting in die kommunale gebiede te verbeter. Die agt streke wat by die program sal baat vind, is Kunene, Omusati, Oshana, Oshikoto, Ohangwena, Kavango-Wes, Kavango-Oos en Zambezi.