Betogings duur voort by Sibanye-Stillwatermyn

Inwoners van Boitekong in Noordwes het beloof hul sal voortgaan om mynbedrywighede te ontwrig totdat daar aan hul eise voldoen word. Betogers versper die ingang na die Sibanye-Stillwater-myn en eis om by die onderneming in diens geneem te word. Die sameroeper van die optog, Justice Molefe, sê die polisie bemiddel tans in die onderhandelings tussen die betogers en die onderneming. Molefe sê hulle sal voortgaan om die ingang af te sper totdat die maatskappy met hulle in gesprek tree.