Eskom verloor miljoene weens voorafbetaalde kragmeters in Diepkloof

Eskom sê hy het die afgelope agt maande net in Diepkloof, Gauteng, sowat 96 miljoen rand aan inkomste verloor. Hy sê verbruikers se kooppatrone is uiters laag sedert die gebied oorgeskakel het na voorafbetaalde meters. Dit is gedoen om mense meer beheer oor hulle elektrisiteitsverbruik te gee. Eskom Gauteng se woordvoerder, Amanda Qithi, sê ongeveer 700 klante in Diepkloof Sone 3 se krag is afgesny en hulle is in kennis gestel van ‘n heraansluitingsfooi van meer as sesduisend rand.