Mamelodi-vloedslagoffers: Hervestiging verloop traag

ActionSA in Tshwane sê hy is diep bekommerd oor die Mamelodi-vloedslagoffers wat deur die stad aan sekondêre teistering onderwerp word omdat die hervestigingsproses so traag verloop. Meer as 700 plakkershutte is op 9 Desember 2019 in oorstromings vernietig en meer as 1 300 mense in die Eerste Fabriek-plakkerskamp in Mamelodi is ontwortel. ActionSA se woordvoerder, Nkele Molapo, sê dit wil voorkom of die stad hom doof hou vir die vloedslagoffers en eerder politieke speletjies speel.