Business Unity South Africa druk maatskappye vir verpligte inenting

Business Unity South Africa plaas druk op maatskappye om verpligte Covid-inentings as beleid in te stel. Die kwessie van verpligte inentings sal na verwagting vandag bespreek word by die nasionale raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid se jaarlikse beraad. Busa se woordvoerder, Cas Coovadia, het gesê massa-inentings wat deur maatskappye se mandate ondersteun word, is die beste manier waarop die land die Covid-pandemie kan beveg.