Eskom bevestig brand by kragstasie

Eskom het bevestig ‘n brand het uitgebreek by eenheid 2 van die Duvha-kragstasie in Mpumalanga. Dit is vinnig geblus. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsa, sê die kragvoorsiener ondersoek tans die oorsaak van die brand en die omvang van die skade. Geen beserings is onder personeellede aangemeld nie. Die eenheid is in Januarie aan diens onttrek vir ‘n algehele opknappingsprojek.