So lyk beurtkrag in die komende week vir SA

Eskom gaan vanaf vyfuur vanoggend tot vier namiddag fase drie-beurtkrag instel, terwyl fase vier vandag en môre van vieruur die middag tot vyfuur die volgende oggend van krag sal word. Woensdag sal fase twee van vyf voormiddag tot vier namiddag ingestel word, gevolg deur fase drie van vieruur die middag tot vyfuur die oggend. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê meer inligting sal Woensdagmiddag of vroeër verskaf word, indien daar enige beduidende veranderinge aan die netwerk is: