EPRA reageer op Namibiese Beleggingsberaad in Dubai

Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het gereageer op die Namibiese handelsminister, Lucia Ipumbu, wat by die Namibiese Beleggingsberaad in Dubai gesê het die wetsontwerp op beleggingsbevordering en -fasilitering sal ‘n bevorderde en goeie sake-omgewing in Namibië vir nuwe beleggingstrategieë skep. Dit is ondanks Ipumbu wat verlede jaar die wetsontwerp wat sy in die parlement ter tafel gelê het, op dieselfde dag teruggetrek het. Eben de Klerk ‘n navorser by die vereniging verduidelik sy kommer aan Kosmos 94.1 Nuus.

De Klerk is bekommerd dat die minister die beleidsraamwerk ‘n wet wil maak.