Enoch lewer Donderdag middeltermyn-begroting

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sal sy eerste mediumtermyn-begrotingsraamwerk Donderdag in die Parlement voorlê. Dié tussentydse begroting pas regeringsbesteding aan en dui op prioriteite en verskuifde fokus vir die volgende begroting in Februarie. Ekonoom Dawie Roodt sê dis die minister se kans om terugvoer te gee oor die vordering wat die afgelope paar maande gemaak is. Hy sê hy verwag nie groot aankondigings oor belasting of beleide nie.

Roodt sê ontleders wag om te hoor hoe die minister van plan is om die belastingmeevaller te bestee. Die beter as verwagte staatsinkomste kan volgens kenners tot 169 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop: