Chinese burger wat werker blykbaar laat ontklee, verskyn

Die Chinese burger wat na bewering ‘n werknemer gedwing het om in die openbaar by Chinatown in die noordelike industriële gebied in die hoofstad te ontklee, het sy eerste verskyning in die Katutura-landdroshof gemaak. Li Bailong, 39, word aangekla van crimen injuria en aanranding. Na wat berig word het hy die 24-jarige Sandra George gedwing om die uniform wat hy vir haar gekoop het, uit te trek in die publiek. Li is op borg van 1 000 dollar vrygelaat. Hy het sy reisdokumente ingehandig en moet twee keer weekliks by die polisie rapporteer. George het met die nasionale uitsaaier, die NBC, by die hof gepraat.

Die minister van arbeid Utoni Nujoma het skerp kritiek oor die aangeleentheid in die Nasionale Vergadering uitgespreek. Li se saak is tot 1 Febuarie volgende jaar uitgestel.