Tiener-inentings: nog geen bevestiging nie

Verskeie nuuspublikasies in Namibië, wat die digitale Informante en Villager insluit, berig dat kabinet beslis het dat kinders tussen die ouderdomme van 12 en 18 binnekort in Namibië ingeënt kan word. Maar, die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid, Ben Nangombe wou niks aan die NBC in die verband bevestig die. Die minister, dr. Kalumbi Shangula het ook vroeër die week aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit die plig is van die inligtingsminister Peya Mushelenga.

Die jongste beslissings van die kabinet is nog nie bekend gemaak aan die media nie maar, daar word verwag dat daar binnekort ‘n aankondiging in die verband gedoen sal word.