Energieminister het aggressiewe plan teen beurtkrag

Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, sê sy departement se plan om beurtkrag te verlig sal aggressief wees. Hy het gepraat by die vyfde Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie in Sandton, Johannesburg. Die minister sê Eskom het steeds ‘n verpligting om te belê in die produksie van gehalte steenkool want sy kragstasies word tans deur steenkool aangedryf. Ramokgopa gaan die plan aan die kabinet voorlê en sê hy is vol vertroue oor die uitkoms.