Voortgesette herstel in lugvaart-sektor

Positiewe passasiers- en vragverkeer in Februarie dui op voortgesette herstel in die lugvaart-sektor. Totale lugredery-passasiersverkeer het in die maand met 55,5 persent gestyg vergeleke met Februarie 2022. Wêreldwyd is verkeer nou op 84,9 persent van Februarie 2019-vlakke. Die wêreldwye vraag na lugvrag het met 7,5 persent gedaal, vergeleke met Februarie 2022. Maar die vraag in Februarie na lugvrag was 2,9 persent hoër as die pre-pandemie-vlakke in Februarie 2019 – die eerste keer dat dit pre-pandemie-vlakke in agt maande oortref. Kosmos 94.1 Nuus het met die lugvaartkenner van Airlink, Linden Birns gepraat…