B2Gold gaan Otjikoto-myn sluit

Die Kanadese mynmaatskappy B2Gold gaan sy Otjikoto-goudmyn sluit. Die Namibiese bestuurder, John Roos, sê in ‘n mediaverklaring die afskaling van die werksmag by die myn, geleë tussen Otjiwarongo en Otavi, en die hoofkantoor in Windhoek sal nou begin. Konstruksie van die myn het in April 2013 begin en kommersiële produksie het op 1 Maart 2015 begin. Die mees onlangse goedgekeurde plan vir die lewensduur van die myn dui nege jaar aan, wat die begin van 2023 is. Dit sluit die verwerking van laegraadse voorrade in tensy ‘n beduidende oopgroef-ontdekking of uitbreiding van die ondergrondse reserwes ontdek word. Oopgroef-mynproduksie sal tot 50 persent van produksiekapasiteit in 2024 afneem, dus sal die laaste jaar van volle oopgroefmyn-produksie 2023 wees. Prosessering van laegraadse voorraad sal tot ongeveer 2031 voortduur, mits dit as ekonomies lewensvatbaar bewys word.