Elon Musk se vuurpyl sal met die maan bots, ontplof

Elon Musk se Falcon 9 vuurpyl sal volgens kenners teen 4 Maart teen die maan bots, en ontplof. Die vuurpyl is reeds in 2015 gelanseer om ‘n satelliet wat weerstoestande meet, die ruimte in te stuur, maar, het nie genoeg brandstof gehad om terug te kom aarde toe nie en is nou ruimterommel. Die vuurpyl word aangedryf deur swaartekrag van die aarde, die maan en die son. Dit sal die eerste keer wees dat daar ‘n botsing met die maan sal wees maar die vuurpyl sal ontplof en die impak op aarde sal volgens berigte minimaal wees.