Eerste Angolese vlugtelinge is terug

Daar word berig dat die eerste Angolese vlugtelinge, wat etlike weke terug gerepatrieer is, weer terug is in die land, op soek na kos. Volgens plaaslike media, is daar reeds 70 wat hulle pad teruggevind het en hulle kamp tans uit naby Helao Nafidi. Hulle sê dit gaan uiters sleg in Angola en het erken hulle het die land onwettige binnegekom. Hulle sê verder dat oumense en kinders sterf van honger omdat daar geen kos is nie. Daar was op ‘n stadium 3 000 vlugtelinge wat die regering vir amper ‘n jaar moes kos gee en mediese behandeling verskaf. Hulle het droogte-toestande in die buurland gevlug. Talle was ondervoed en vier kinders is in Namibië dood as gevolg van wanvoeding.