Eksamenuitslae van graad 11’s en 12’s vandag bekend

Die uitslae van eksamens van Namibiese graad 11’s en 12’s word vanoggend om tienuur by die Monte Christo Gastehuis in Eenhana in die Ohangwena-streek amptelik deur die onderwysminister Anna Nghipondoka bekend gemaak. Deeltydse en voltydse kandidate kan hul uitslae vanmiddag om kwart oor twaalf kry op die ministerie se webtuiste, in gedrukte media, via SMS-dienste 44044 met hul kandidaat-nommer, of by die verskeie streekskantore van die onderwysministerie