Saara se staatsvoertuie bots glo oor donkie

Twee staatsvoertuie is ernstig beskadig toe die motorstoet van die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila in ‘n ongeluk betrokke was. Niemand is beseer nie. Sy was op reis vanaf die Ohangwena-streek waar sy ‘n seremonie bygewoon het wat deur Netumbo Nandi-Ndaitwah, haar adjunk en Swapo 2024-presidentskandidaat, aangebied is. Volgens die polisie het die ongeluk kort ná sononder op die pad tussen Onandjaba en Outapi in die Omusati-streek plaasgevind. Na bewering het die een voertuig in ‘n ander vasgery het toe die een voor stadiger gery het weens ‘n donkie op die pad. Nandi-Ndaitwah is vyf jaar gelede op 28 Desember 2017 ernstig beseer toe haar voertuig reg van voor met ‘n ander voertuig tussen Tsumeb en Oshivelo gebots het en een persoon in die ongeluk dood is.