Tennis: Prysgeld vir Australiese Ope meer

Tennis: Spelers sal 3,4 persent meer aan prysgeld kry in Januarie se Australiese Ope. Die organiseerders het aangekondig die wenners van die mans- en die vroue-titel sal elk meer as 34 miljoen Namibiese dollar in die sak steek. Selfs spelers wat in die eerste ronde verloor sal 1,2 miljoen dollar ryker wees. Die toernooi-direkteur, Craig Tiley, sê die totale prysgeld vir die land se somer van tennis, waarby opwarmings-toernooie ingesluit is, sal die eerste keer 1,15 miljard dollar oorskry. Die Australiese Ope begin op 16 Januarie in Melbourne.