Ekonoom sê oor MTC se notering vandag

‘n Ekonoom gee sy mening oor Namibië se mobiele telekommunikasie-maatskappy, MTC, wat vanoggend om nege-uur amptelik sy aandele op die Namibiese Aandelebeurs gaan noteer. Ekonoom en navorser Gabriel Erastus verduidelik dat daar sterk kompetisie tussen die MTC-aandele en die regering se skuldbriewe oor watter een die beter beleggingsopbrengs sal lewer.

MTC het net meer as 2,54 miljard Namibiese dollar gemaak met die verkoop van sy aanvanklike openbare aanbod, amper 582 miljoen dollar minder as wat die regering geteiken het. Daar was ‘n totaal van 367,5 miljoen aandele aangebied waarvan net 299 miljoen verkoop is.