Staat vra om te appelleer teen psigiater se kwytskelding

Die Staat sal vanoggend om nege-uur vir hoërhof regter Eileen Rakow vir verlof tot appèl vra in die saak waar die Swakopmund psigiater dr. Pieter van der Westhuizen kwytgeskeld is op klagte van verkragting, onsedelike aanranding, poging tot moord en meer. Rakow het hom op 4 Augustus vrygespreek op al die klagte teen hom. Een van sy pasiënte het gesê hy het haar op 7 November 2015 verkrag. Rakow het die klag van poging tot moord opgehef omdat die medikasie wat Van der Westhuizen na bewering vir die pasiënt gegee het, nie dodelik was op daardie dosis nie. Kenners het ook getuig dat die pasiënt moontlik verkeerd kon onthou het as gevolg van verskeie redes.