Ekonoom sê oor Fima, insette sluit vandag

‘n Namibiese ekonoom sê dit hang van die publiek af of die omstrede Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, deurgevoer sal word. Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het die sperdatum vir die indien van kommentaar op die implementering van die Fima tot vandag uitgestel. Ipumbu Shiimi, die minister van finansies, het Fima verlede jaar uitgestel te midde van erge druk en teenkanting van verskeie belanghebbendes oor die omstrede klousule dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word. Kenners sê die Kanadese oorsprong van die dokument is hoekom dit nie aan die behoeftes van die plaaslike omgewing kan voorsien nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Gabriel Erastus gepraat oor sy mening of Fima geïmplementeer sal word…