Klein mosiehofrol, N$54m opgeëis

Dit was ‘n uiters klein rol vanoggend in die mosiehof met ‘n skamele 76 aansoeke om verstekvonnisse waarvan tien reël 108 aansoeke was. Regter Nate Ndauendapo en Shafimana Ueitele het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 37 van die aansoeke gebring. Twee voertuie is opgeëis met 15 eiendomme ter waarde van 17,3 miljoen Namibiese dollar wat betaalbaar is. Twintig lenings met ‘n uitstaande waarde van 7,8 miljoen dollar is ook agterstallig. In Maandag se sessie sal regter Eileen Rakow 45 onverdedigde egskeidings hanteer.