Ekonoom gee sy reaksie op kredietverlening van private sektor

‘n Namibiese ekonoom verduidelik waarom die groei van kredietverlening in die Namibiese private sektor in Junie 2022 tot 3,4 persent vanaf 4,5 persent in Mei 2022 op ‘n jaargrondslag verlangsaam het. Dit is steeds vinniger as in 2021. Totale eise op die inwonende sektor het met 10,4 miljard Namibiese dollar op ‘n jaargrondslag tot ‘n totaal van 115,9 miljard Namibiese dollar toegeneem, maar het met 718,5 miljoen op ‘n maandgrondslag afgeneem. Ekonoom Theo Klein van Simonis Storm in Windhoek gesels met Kosmos 94.1 Nuus.