SA: 8,45 miljoen leef saam met MIV

Statistiek Suid-Afrika se 2022-midjaar bevolkingsberaming toon daar is 8,45 miljoen mense wat met MIV leef. Volgens Statistikus-generaal Risenga Maluleke word die land se bevolking beraam op 60,6 miljoen mense. Maluleke sê byna ‘n kwart van Suid-Afrikaanse vroue in hulle voortplantingsjare van 15 tot 49 is MIV-positief. Suid-Afrika het die wêreld se grootste aantal mense wat teen-retrovirale middels gebruik. Die Covid-pandemie het die vordering met die uitroei van die virus gestrem.