Ekonome veroordeel 3% verhoging vir SA-staatsamptenare

Ekonome het President Cyril Ramaphosa se goedkeuring van ‘n 3 persent verhoging in senior regeringsamptenare se salarisse veroordeel. Dit beteken sommige ministers, adjunkministers en parlementslede gaan byna 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar verdien. Die ekonoom Azar Jammine sê die stap stuur die verkeerde boodskap terwyl die regering oënskynlik dissipline in openbare sektor-vergoeding voorstaan: