Ocean Conservation Namibia sê Brown het te vinnig groenlig gegee

Naude Dreyer, mariene-bioloog van Ocean Conservation Namibia het gereageer op die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, wat goedkeuring aan die ontginning van fosfaat aflandig aan die Namibiese kus gegee het. Brown sê die studie is omvattend en die impak sal minimaal wees. Dreyer sê aan Kosmos 94.1 Nuus deeglike ondersoek moet gedoen word voor goedkeuring gegee word.

Verskeie vissery-verenigings het ook kritiek teenoor Brown uitgespreek. Die ontginning van mariene fosfaat is uiters omstrede en in ander dele van die wêreld is visbronne negatief geraak.