EFF veroordeel verkoop van SAL

Die EFF veroordeel die verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens sonder dat behoorlike geloofwaardige omsigtigheidsondersoeke gedoen is. Volgens die EFF se nasionale woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, is die verkoop van die lugdiens sonder behoorlike finansiële oudits sedert 2017 twyfelagtig. Mathys sê dit is jammer die verkoop van die lugdiens is uitgevoer sonder om enige lewensvatbare bewyse van wins of risikobepaling te doen en aan sy kopers te verskaf. Mathys sê die EFF glo dit is ‘n korrupte transaksie.