Eerste Oscar-wenners lyk so

Die dowe akteur Troy Kotsur is op die Oscar-seremonie in Los Angeles vereer as Beste Ondersteunende Akteur vir sy rol in CODA. Ariana DeBose is vroeër as Beste Aktrise in ‘n Ondersteunende Rol aangewys vir haar vertolking in “West Side Story”, terwyl “Dune” ses van die eerste Oscars gewen het. Dit sluit in dié vir Beste Visuele Effekte, Beste Rolprentfotografie, Beste Filmredigering en Beste Produksie-ontwerp. Greg Fraser, Dune se kinematograaf het met die media gepraat maar wou niks sê oor deel twee van die rolprent nie.