Henties-brand kos dalk 25 miljoen dollar

Die brand by Hentiesbaai se Spar het groot skade berokken en sommige berekeninge meen daar is skade van 25 miljoen Namibiese dollar aangerig. Die brand het Sondag die nuustoneel in die land oorheers en daar word bereken dat dit die grootste ramp, tot op hede, vir die kusdorp is. Frans Theron van Henties, sê almal het hand bygesit.