Oscars: Will Smith klap Chris Rock, wen Beste Akteur in trane

Die herrie was los by die Oscars in Los Angeles. Will Smith het op die verhoog die aanbieder, Chris Rock, geklap nadat Rock aanmerkings gemaak het oor Jada, Smith se vrou, se kort hare. Smith het toe hy die Oscar vir beste akteur vir King Richard gewen het, tydens sy toespraak om verskoning aan almal behalwe Rock, gevra.