Saai gee twee beurse vir dagga

Die Suider-Afrikaanse landbou-inisiatief, Saai, het ‘n beurs bekend gestel vir ‘n geakkrediteerde nasionale sertifikaat in plantproduksie en dagga. Dit is in vennootskap met ‘n toonaangewende onderrig- en opleidingsmaatskappy, Cheeba Cannabis Academy, en voorste aanlyn landbouskool, AGRICOLLEGES International. Saai sê die beurs is jaarliks vir twee studente beskikbaar en is gemik op minderbevoorregte kandidate wat ‘n passie en belangstelling het vir die verbouing van cannabis of dagga in Suid-Afrika. Dr. Theo de Jager uitvoerende direkteur by Saai het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.