Ebenezer-sopkombuis vra bystand vir Kersfees

Die Ebenezer-sopkombuis in die Havana-informele nedersetting in Windhoek gee kos aan sowat 300 minderbevoorregte kinders. Die sopkombuis het geen donateurs of borgskappe nie en hulle skenk ook klere en skuiling aan kinders. Die stigter, Martha Festus, sê met Kersfees om die draai, wil hulle graag geskenkpakkies aan die kinders uitdeel. Sy doen ‘n beroep op Namibiërs om haar te help met enige donasies om genoeg geskenkpakkies vir die kinders te maak. haar sopkombuis aan die gang te hou.