Gemeenskapskoshuis onder die loep

Namibiërs het die naweek op sosiale media hul skok uitgespreek oor die haglike toestand waarin die koshuis van die Otjerunda Gekombineerde Skool in die Kunene-streek hom bevind. Foto’s op sosiale media wys leerders slaap op beddens sonder matrasse of drie leerders deel een matras. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, sê hulle is bewus van die situasie, maar verduidelik wat die prosedures is om ‘n gemeenskapskoshuis te registreer.

Intussen word berig dat leerders van die Mantjenya Junior Primêre Skool in die Kavango-Oos-streek op boomstompe, bierkratte en babastoele moet sit omdat daar ‘n gebrek aan stoele en skoolbanke is, het ‘n komiteelid van die nedersettingskomitee vir ontwikkeling vir onderyws, Phillip Matemwa, gesê.