Duitse verpleër ent met soutoplossing

Duitse owerhede het meer as 8 000 mense gevra om hulle weer teen Covid te laat inent. Dit volg na ‘n verpleegsuster gebieg het dat sy in Friesland in die noorde van die land, ‘n flessie entstof laat val het en toe ses persone met ‘n soutoplossing ingeënt het. Maar owerhede twyfel aan haar storie. Die 40-jarige vrou het blykbaar plasings waar sy gekant is teen die entstof op haar sosiale media platforms gemaak en het ook kritiek teen die Duitse regering se hantering van die pandemie uitgespreek. Sy het net meer as 8 550 persone ingeënt en die polisie sê soos die ondersoek vorder, wil dit voorkom asof baie meer as net die ses met ‘n soutoplossing ingespuit is.