Vonnis vir Facebook-verkragter verwelkom

Die polisiebestuur in Gauteng verwelkom die vonnisoplegging van die reeksverkragter Thokozani Jiyane, wat as die Facebook-verkragter bekend staan. Jiyane is in die Hooggeregshof in Johannesburg agt lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van tien vroue in Gauteng. Hy is ook tot 223 jaar tronkstraf gevonnis op tien klagte van roof met verswarende omstandighede, twee van ontvoering en aanranding en drie van bedrog. Noxolo Kweza van die polisie sê die oortredings is tussen Desember 2019 en Februarie 2020 gepleeg: