Ndeitunga maak ommekeer oor sy aanmerkings, blameer ouderdom

Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het aan plaaslike media gesê dat hy nooit bedoel het om die Windhoek stadsraad omver te werp met sy aanmerkings nie. Hy is aangehaal deur die burgemeester Job Amupanda dat hy gesê het hy sal beheer oor die raad vat. Dit volg na verskeie, gewelddadige grondgrype wes van die hoofstad. Hy het volgens berigte gesê dalk was sy aanmerkings net as gevolg van ouderdom, maar het beklemtoon dat die situasie wes van die hoofstad dringend en gevaarlik was. Hy het bygevoeg dat mense geen kommer moet hê nie omdat hy aangestel is om demokrasie en die gepaardgaande instellings te beskerm en hy sal sy pligte daarvolgens nakom.