Drukgroepe vandag in hof oor Shell se seismiese opname

Die hooggeregshof in Gqeberha hoor vandag betoë aan in die aansoek wat omgewings-drukgroepe ingedien het teen Shell se beplande seismiese opnames aan die Oos-Kaapse Wildekus. Die groepe wil hê die hof moet die departement van minerale bronne en energie se besluit om toestemming te gee vir die opsporingsregte van olie en gas, van die hand wys. Die hooggeregshof in Makhanda het in Desember verlede jaar ‘n tussentydse interdik toegestaan om Shell te keer hangende die uitslag van die aansoek dié week.