Blitsbokke loop weer voor in die Wêreldreeks

Rugby: Die Blitsbokke loop weer voor in die Wêreld-Sewesreeks nadat hulle vyfde klaargemaak het by die Londen-sewes op Twickenham. Hulle het Ierland met 14-5 geklop om vyfde te eindig. Met een toernooi wat in die wêreldreeks oorbly, is die Blitsbokke eerste, gevolg deur Australië wat in Londen as kampioene gekroon is. Argentinië is derde. Die Springbok-sewes se afrigter, Neil Powell, sê sy span se poging was ‘n groot verbetering teenoor verlede naweek.