DRK rebel tot lewenslank gevonnis

‘n Rebelle-leier in die Demokratiese Republiek van die Kongo is tot lewenslange tronkstraf gevonnis, vir oorlogsmisdade en skade aan die omgewing. Chance Mihonya, ‘n weermag-droster, het in 2017 ‘n rebelle-groep in die Kahuzi Biega-nasionale wildtuin begin. Die wildtuin, ‘n veilige hawe vir bedreigde gorillas, word deur UNESCO as ‘n bedreigde wêrelderfenisgebied geklassifiseer, weens gewapende groepe, stroping en ontbossing. Mihonya is op verskeie aanklagte skuldig bevind, insluitend die verwoesting van beskermde gebiede nadat hy wapens ingebring, bome afgekap en minerale hulpbronne geplunder het.