Whk-bouplanne onder die loep

Inperkings in 2020 het veroorsaak dat bouplanne wat daardie jaar in die hoofstad voltooi is met 43 persent gedaal het met ‘n gepaardgaande daling in waarde van 57,4 persent. IJG Sekuriteite, wat die ontleding gedoen het, sê tydens April verlede jaar het geen konstruksie projekte plaasgevind nie maar, namate die inperkings gelig het, het bouwerk weer begin toeneem. In Augustus verlede jaar is ‘n rekord 395 miljoen Namibiese dollar se projekte voltooi. Die bedryf het steeds toegeneem en sedert Januarie tot einde Augustus vanjaar is daar bouplanne ter waarde van 1,25 miljard Namibiese dollar in die hoofstad goedgekeur.