Verwoestende tornado tref Mississippi, sonder waarskuwing

Reddingswerkers soek steeds na oorlewendes in Mississippi na ‘n tornado, sonder enige waarskuwing, die dorp van Rolling Fork getref het. Die tornado, wat vinnig ontwikkel het, het Vrydagnag die dorp van 1 900 in die weste van die deelstaat getref met winder van sowat 274 kilometer per uur. Tot op hede, is 25 mense dood. Die tornado het vir ‘n uur op die grond gebly en puin is tot 6 kilometer in die lug op radar opgetel.