Drie vas vir diefstal van 81kg ivoor by hof in Gaboen

Drie vermeende smokkelaars is op Lambaréné in die weste van Gaboen vasgestrek na hulle in besit van ongeveer 81 kilogram ivoor gevang is. Volgens berigte uit daardie land is die ivoor gesteel by die dorp se hof waar dit gestoor was deur owerhede. Die drie is bygestaan deur twee werknemers by die hof. Die ivoor se regskodes was steeds sigbaar. Die drie verdagtes het ook 17 los stukke ivoor gehad sowel as ‘n ietermagô-vel. Hulle is aangekeer tydens ‘n spesiale operasie.